No products in the cart.
Brei saam met Vrouekeur se gewilde reeks breiboeke brei nou uit met nog tien boeke in tien verskillende kategoriee” met tien splinternuwe patrone in elk.Elke boek bevat ook nuttige wenke en inligting om jou breiwerk makliker te maak.
Al die patrone is met Saprotex-breidraad gebrei wat landwyd beskikbaar is.
Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoofsubredakteur,ma van vier volwasse kinders en ouma van twee kleinkinders.Sy hoop dat sy met haar stokperdjie ander kan begeester om ook die breipenne op te neem en die vreugde daarvan te beleef om iets te skep.