Description
Hekel saam met Vrouekeur bied vir die hekelentoesias’n reeks boekies met splinternuwe, mooi en praktiese patrone in elk. Die groot verskeidenheid interessante patroonsteke en die wenke gee jou boonop die geleentheid om nog meer artikels te hekel.
Christa Swanepoel is Vrouekeur se hoofsubredakteur en gesondheidskrywer, ma van vier volwasse kinders en ouma van twee kleinkinders en woon in Pretoria.Met hierdie reeks boekies span sy haar stokperdjie in om ander te inspireer om ook die hekelnaald op te neem en te begin skep.